Welkom by ons Tydlyn!

Welkom by ons tydlyn!!

Ons, Willem en my eggenoot, Hettie, het die tydlyn gemaak omdat dit vir ons interessant was, en omdat ons glo in die Bybel as die Woord van God. Ons het gevind dat die tydlyn Bybel-waarhede "grond toe" bring, veral vir kinders, wanneer hulle sien dat die Bybelgeskiedenis geanker is in die wêreld geskiedenis.

Wie ons is en hoe die tydlyn ontstaan het

Willem (PhD Purdue, VSA) is ‘n afgetrede raadgewende ingenieur. Sy eggenote, Hettie (BA Wiskunde en Latyn) was meestal huisvrou maar later hoof van die CVO-skool op Morgenzon, en nog later besig met privaat Wiskunde lesse. Ons belangstelling in wetenskaplike ondersteuning van die skepping, soos wat dit in die Bybel aan ons geopenbaar word, het begin toe Hettie die “Creation” tydskrif se leesstof aan die kinders bekend gestel het. Willem het later ook daarin geïnteresseerd geraak, toe hy meer tyd daarvoor gehad het.

Marié en Egbert Bosman in ons gemeente, het aanvanklik die Creation tydskrif aan ons bekendgestel. Nog later het hulle 'n voorstelling van die “Konings en Profete,” in die vorm van sulke driehoekvorming figure bekom uit 'n onbekende bron uit Duitsland. Dit het die gedagte by ons laat ontstaan om dieselfde metode van voorstelling te gebruik om ‘n hele tydlyn te maak. Met Hettie se Latyn agtergrond en gepaardgaande belangstelling in die geskiedenis van die Romeine, het dit gou aan die gang gekom. Ons is nou al ‘n aantal jare daarmee besig en wat ‘n ontdekking was dit om van die baie wetenskaplike gegewens wat tans beskikbaar is kennis te neem, wat gebaseer is op die Bybelse openbaring van die skepping!

Hierdie tydlyn, “Tydlyn-WH,” is nou in Januarie 2015 voltooi. Eintlik het dit wesenlik al oor ’n lang tyd dieselfde gebly, maar ons wil tog op hierdie stadium sê “dit is nou ons tydlyn.” Dit kan gekoop word en dieselfde een kan stuksgewys gratis afgelaai word, soos aangedui in hierdie blog.

Gegewens wat hier aangebied word

Die tydlyn is 3.4 m lank en 210 mm breed, waarin die geskiedenis grafies getoon word vanaf ongeveer 6000 jaar gelede tot nou. Dit word soos 'n papier boekrol gebruik, soos aangedui in die foto hieronder, of wanneer gelamineerd, kan dit teen 'n muur gesit word.

Klik op die drie figure hieronder om te sien hoe dele van die tydlyn lyk.

Vollengte: onder die opskrif "Verkryging van tydlyn" word verduidelik hoe die hele tydlyn gesien en afgelaai kan word deur op die skakels te klik wat daar gegee word.

Bestelling van volle, aanmekaar lengtes: Inligting oor aankope word na die aflaai-inligting gegee.

Daar is ook 'n Engelse weergawe by: http://tydlynenglish.blogspot.com


Thursday, April 19, 2012

Verkryging van tydlyn


Gratis pdf-weergawe van tydlyn


Ons verskaf gratis aan u die hele tydlyn in twee pdf-lêers (Lêer 1: Tydlyn-WH_ble_1 – 8) en (Lêer 2: Tydlyn-WH_ble_9-16).  Elke lêer bevat 8 pdf-A4-velle, Klik op die volgende skakels (genoem "Eerste" en "Tweede") om die lêers te sien, of af te laai en te druk. Skakel vir Lêer 1: Eerste  Skakel vir Lêer 2:  Tweede .

U kan dit as los A4-bladsye gebruik of aanmekaar plak en as volle lengte tydlyn gebruik. Volle lengte weergawes (3.4 m lank en 210 mm breed) is te koop, soos hieronder aangedui. Die papier weergawe kan soos ’n papirusrol gebruik word deur dit van weerskante op te rol en dan heen-en-weer- te rol om na gekose gedeeltes te kyk. Die gelamineerde weergawe is uiteraard meer duursaam en kan teen ’n muur vasgesit word (nie slap genoeg om as ‘papirusrol’ gebruik te word nie).

Op die twee paralelle lyne heel bo en heel onder word die tyd op skaal, 1mm verteenwoordig 2 jaar, getoon.  Dit is dus maklik om met 'n liniaal te korrel en te kyk  wanneer wat plaasgevind het of watter gebeurtenisse in die Geskiedenis gelyktydig plaasgevind het.  So het Pythagoras byvoorbeeld gelewe in die tyd van Daniël.

Bestellings vir vollengte Tydlyne

(Drukwerk is swart en wit)

Kostes, (Januarie 2015). Verandering in die toekoms, indien wel, sal op hierdie blog aangedui word. 

Suid-Afrika

R130 vir een papier. R90 elk vir vier of meer wat gelyktydig gekoop word.
R260 vir een gelamineerd. R220 elk vir vier of meer wat gelyktydig gekoop word.

Posgeld vir een of meer van albei soorte: R40. 

Laat weet per e-pos of telefoon wat u verlang:
willem@diemoot.net of telefoon: 012 333 4020, of  082 824 3190

Inligting benodig vir versending
1. Wat bestel word
                                2. Wanneer geld in Bank gedeponeer is
                                             3. Adres waarheen tydlyn(e) gestuur moet word
   4. U telefoon nommer

Bankrekening besonderhede
Naam van rekening: WM van Heerden
Absa spaar rekening, nr. 9122616817, “takkode:” 632005

Die vollengte tydlyne kan ook in Villieria, Pretoria, waar ons woon, afgehaal word. Ons het ook vroeër 'n Tydlyn-stalletjie op die Boeremark gehad, en is nou van tyd tot tyd by ander markte, o.a. elke jaar op die Kragdag, by Diamantvallei naby Pretoria. Reëlings kan ook getref word om dit op gemeente byeenkomste te verkoop.

Res van Afrika

Papier, lug-posgeld ingesluit: R220 vir een + R17 posgeld vir elke bykomende een.
Gelamineer, lug-posgeld ingesluit: R380 vir een.

Ander lande

Papier, lug-posgeld ingesluit: R250 vir een +R30 posgeld vir elke bykomende een
Gelamineer, lug-posgeld ingesluit: R420 vir een.

Betaling van oorsee
 Persone wat oorsee is betaal soos volg: Registreer by "Paypal" en betaal met kredietkaart aan dewaalvanheerden@gmail.com en laat weet na willem@diemoot.net . Gee ook die naam en adres waarheen dit gestuur moet word en kontakbesonderhede. Maar 'n persoon in Suid-Afrika wat oorsee vir iemand wil stuur kan die geld direk in die "Tydlyn"-rekening betaal soos hierbo genoem, en die nodige inligting vir versending gee. 

1 comment:

  1. Baie dankie hiervoor. Ons is 'n tuisopvoeding gesin en hierdie Afrikaanse tydlyn sal ons vreeslik help met Geskiedenis studies.

    ReplyDelete